Meneer en Mevrou Gorden en Wendy Stewart het ‘n nie winsgewende organisasie, genaamd “SonShine Care Group” wat daarop gemik is om na die behoeftes van kinders om te sien. Hulle help nie net kos en klere versprei in die gemeenskap van Aberdeen nie, maar maak dit ook moontlik vir ‘n paar leerders om in Hoër Volkskool te kan groei en presteer deur hulle skoolfonds en koshuisgelde te betaal en na hul algehele versorging en welstand om te sien. Op 9 November 2021 sê Hoër Volkskool dankie met die “Volksies-gee-om” projek van die VCSV. HVS en personeel het ‘n groot klomp, nie-bederfbare kruideniersware, aan SonShine Care Group geskenk. Ons vertrou dat hierdie skenking julle werk sal vergemaklik en julle die warm gevoel van liefde en omgee mag ervaar wanneer julle dit gebruik en uitdeel.Baie dankie aan elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het om hierdie projek te ondersteun. Dankie aan Riverside Convenience Centre wat die personeel en leerders bederf het met ‘n heerlike koppie koffie vir die pad.

Meer Nuusberigte