In aanloop tot ons Eeufeesvieringe in 2022 bied die Volkskool Eeufeeskomitee met trots ‘n NAGAFLOS EN STEAK-AAND aan.
Inskrywingsfooie is vir spanne van 2 tot 5 deelnemers en die volgende kategorieë is beskikbaar;

  • Gr 1 – 6 | 2km – R100
  • Ope | 5km – R250
  • Ope | 10km – R400

REGISTRASIE begin om 17:00 en die aflos skop af om 18:00

Die Steak-aand kaartjies is apart beskikbaar teen R150 per volwassene en R50 per kind onder 12. Volwassenes kry ‘n 250g steak met bykosse terwyl kinders onder 12 ‘n lekker steak-rol kan verwag.

INSKRYWINGS EN KAARTJIES AANLYN BESKIKBAAR

Om te verseker dat hierdie dag ‘n sukses is, benodig ons die ondersteuning van elke Volkskool leerder en ouer. Daag ander spanne, skole en instansies uit om te deel in die pret ten bate van ons Eeufeesfonds.

Ons sien uit daarna om hierdie wonderlike geleentheid saam met die Graaff-Reinet gemeenskap te geniet

Meer Nuusberigte