Te midde van die Covid-19-pandemie, besef die ATKV opnuut dat die volhoubare ontwikkeling van kuns en kultuur kernbelangrik is vir ’n gesonde samelewing.

Navorsing het herhaaldelik bewys dat kreatiwiteit positiwiteit ’n hupstoot gee. Iets waarvan ons almal – oud en jonk – nou ’n groot dosis nodig het.

DigiKuns is ’n opwindende, nuwe digitale kunsplatform wat ’n unieke, kreatiewe uitdaging aan laer-, hoërskoolleerders, studente, volwassenes en senior burgers binne en buite Suid-Afrika se landsgrense stel. Lees gerus hier meer, of spring direk na die deelnemersgids deur hierdie skakel te volg, en wanneer jy gereed is om in te skryf, kliek hier!

Indien jy nie belangstel nie, maar iemand ken wat hierdie geleentheid sal wil aangryp, deel asb. met hulle!

Kyk ook gerus na ons ander opwindende digitale projekte deur hierdie skakel te volg!

Meer Nuusberigte