Die afgelope naweek was Hoër Volkskool se hokkie, rugby en 0.14 netbalspanne bedrywig. Hul het gemengde welslae behaal.

Die 0.14 A en B Netbalspanne het ‘n afrigtingskliniek bygewoon te Laer Volkskool. Die kliniek is aangebied deur mnr Reg Sharp van Port Elizabeth. Die spelers het gewerk aan verdedigins- en aanvallende tegnieke en het die kliniek afgesluit met ‘n paar wedstryde.

Die 0.16A en tweede hokkiespanne het aan die Despatch Sportfees deelgeneem,. Dit het baie goed gegaan met ons spanne. Die tellings is as volg:

0.16: HVS teen Wittedrif: 4 – 0

HVS teen Port Alfred 2 – 0

Tweedes HVS teen Adelaide Gimnasium 0 – 0

HVS teen DF Malherbe 4 – 0.

Die eerste hokkiespan het aan die Greg Belling toernooi te Oos-Londen gespeel. Die meisies het alles gegee en die vrugte van hul harde werk gepluk. Die tellings is as volg:

HVS teen Stirling: 2 – 0

HVS teen Merrifield: 5 – 0

HVS teen Cambridge 6 – 0

HVS teen St Michaels 2 – 1

Drie van ons rugbyspanne  het ook meegeding te Despatch sportfees.

Die 0.14’s het goed gedoen met ‘n telling van 15 – 15 teen Hoërskool Despatch

Die 0.15’s het bietjie swaar gekry en verloor hul wedstryd 0 – 10 teen Daniel Pienaar.

Die tweede span het hul eerste wedstryd vir die seisoen gespeel en ongelukkig 0 – 29 verloor, ook teen Daniel Pienaar.

Die eerste span het egter die haas uit die hoed getrek en vir Daniel Pienaar 20 – 3 gewen.

Ons is baie trots op al ons spelers wat ons skool se naam, op en van die veld af, hoog hou.  

Meer Nuusberigte