Na afloop van Hoër Volkskool se suksesverhaal by die interskolegala, het ons ook die karoogala hier in die hartjie van die karoo by ons binnenshuise swembad, aangebied. Die son het neergebrand, maar gelukkig het niemand sonsteek opgedoen nie! Gill College, Cradock Hoërskool, union High, Hoër Volkskool en Hoër Landbouskool Marlow het aan die hoërskole afdeling deelgeneem. Die rekords het nie soos gewoonlik gespat nie, maar een goeie rekord van Andrew Fischer van Union High, wat in 2009 reeds opgestel het, het Izak Hattingh van Hoër Volkskool laat spat vir die Seuns 0.16 50m Vlinderslag-item.

Llewellyn Crewe-Brown het ook sy deel gedoen en ‘n nuwe rekord in die 50m Vlinderslag-item vir Seuns 0.19 opgestel. 

Die top drie dogtersspanne was derde: Cradock Hoërskool, tweede Union High en eerste Hoër Volkskool.

Die top drie seunsspanne was dere|: Hoër Landbouskool Marlow, tweede Union High en eerste Hoër Volkskool. Die Victor- en Victrix Ludorumbekers bly in Graaff Reinet: Victor Ludorum word gedeel deur  Llewellyn Crewe-Brown en Izak Hattingh (albei van Ho♪7r Volkskool, en die Victrix Ludorumbeker gaan aan Marlien Crewe-Brown. Hierdie jaar het die Graaf Reinet Swemklub trofee geskenk wat aan die verskillende swemmers uitgedeel is, saam met die wisseltrofee. Baie dankie vir jul aandeel in swem in Graaff Reinet.

Foto: Izak Hattingh, Llewellyn Crewe-Brown en Marlien Crewe-Brown

Meer Nuusberigte