Verlede Vrydagaand het 5 van Hoër Volkskool se swemmers deelgeneem aan ‘n uitnodigingsgala te Port-Elizabeth. Hierdie gala word gehou na afloop van B-groep gala’s wat gedurende die seisoen gehou word en die top 8 in elke item word dan genooi na die top 8 gala.
Ons kon altesaam 10 medaljes inpalm.

Foto: Dané Thiart wen ‘n brons medalje vir 50m vlinderslag, en twee silwer medaljes vir 50m vryslag en 50m borsslag.
Emile Blignaut behaal ‘n vierde plek vir 50m vryslag en ‘n vyfde plek vir 50m borsslag.
Owen Thiart wen ‘n silwer medalje vir 50m rugslag en twee goue medaljes vir 50m vryslag en 50m borsslag. Anrich Nieuwoudt wen een brons medalje vir 50m vryslag en drie goue medaljes vir 50m vlinderslag, 50m rugslag en 100m rugslag. Mark Blom kom vierde in die 50m vryslag en 5e in die 50m rugslag.

Die gees van ons leerlinge was baie goed en almal het die eerste aand gala baie geniet.

Meer Nuusberigte