Die afgelope twee weke is die Interskole gala gala tussen die Volkskole en Union aangebied by Hoër Volkskool se binnenshuise swembad. Die dag het goed begin en Hoër Volkskool kon met ‘n uitstekende spanpoging daarin slaag om die spanbeker huistoe te bring met ‘n totaal van 410 punte teenoor UHS se 321 punte. 

Verskeie rekords het die dag in die slag gebly en ons swemmers het omtrent hul kant gebring. 

Anrich Nieuwoudt stel ‘n nuwe rekord op vir Seuns 0.14 50m Vlinderslag-item en Marlien Crewe-Brown stel ‘n nuwe rekord op vir Dogters 0.16 50m Vryslag-item.

Izak Hatting stel nuwe rekords op in die volgende items, Seuns 0.16: 4 x 25m Individuele Wisselslag, 50m Vlinderslag, 50m rugslag, die 50m Vryslag, en behaal ‘n tweede plek in die 100m vryslag ope, ook in rekord tyd.

Llewellyn Crewe-Brown stel nuwe rekords op in die volgende items, Seuns 0.19: 4 x 25m Individuele Wisselslag, 50m Vlinderslag, 50m rugslag, die 50m Vryslag, 50m Borsslag en die 100m vryslag ope. 

Boetie en sussie doen dit weer en word aangewys as die Victor en Victrix Ludorum op die dag, nl. Llewellyn Crewe-Brown en Marlien Crewe-Brown.

Foto: Interskole Victor en Victrix: Marlien Crewe-Brown en Llewellyn Crewe-Brown  

Spankapteine: Llewellyn Crewe-Brown en Casey Du Toit met die trofee vir die wenskool.

Meer Nuusberigte