Die afgelope naweek het ‘n junior en ‘n senior groep netbalspelers van Hoër Volkskool ‘n netbalafrigtingskursus te Port-Elizabeth bygewoon. Die kursus is aangebied deur die Nelson Mandela Universiteit se Netbalklub, die Madibaz, by diè universiteit se binnenshuise sportsentrum, met die hoofafrigter Lana Krige.

Die spelers het verskeie afrigtingsessies bygewoon wat gevolg is deur mini toernooie waar die spanne onder andere teen die Madibaz-span ook gespeel het. Al die wedstryde was vriendelik om die afrigtingsessies af te sluit.

Aan die einde van die naweek is Carlin Jansen aangewys as die Beste Aanvallende Speler by die kursus. Dit was ‘n baie leersame naweek en ons sien uit na die 2020 seisoen. 

Meer Nuusberigte