Aan die begin van 2020 het Hoër Volkskool drie nuwe gesigte verwelkom as personeellede.

Me. Karin van Wyk het haar hier kom vestig van Volksrust af. Sy het haar tersiêre opleiding deur Unisa voltooi en gaan Gr 8 – 10 English First Additional Language, asook Lewensoriëntering aanbied. Sy is baie positief oor haar nuwe pos en geniet dit baie om Afrikaanse kinders te onderrig.

Mnr Andrè Malan is ‘n nuwe ou gesig by Hoër Volkskool. Hy was ses jaar gelede betrokke by die skool, en het daarna verhuis. Sy paadjie het hom egter teruggebring na die Juweel van die Karoo. Hy is oorsponklik van Pretoria maar is reeds die afgelope 17 jaar in die Oos-Kaap. Hy gaan Afrikaans Huistaal en Skeppende Kunste aanbied.

Me Genè Erasmus kom oorspronklik van Somerset-Oos. Sy het onderwys studeer by die Nelson Mandela Universiteit in Port-Elizabeth, maar het na die vriendelike platteland gevoel verlang. Sy gaan Wiskunde vir gr 8 – 10 aanbied. Sy voel klaar tuis hier in Graaff-Reinet.  

Meer Nuusberigte