Ses van Hoër Volkskool se landsdieners het tydens die Desember-vakansie die Nasionale Landsdienskampe bygewoon. Lliam van Heerden en Annelie Viljoen het die junior kamp te Thaba Marula kampterrein bygewoon, terwyl Emile Blignaut, Amorè Cronjè,  Steffi Loots en Fransenè Joubert die senior kamp te Joy Unspeakable by Roodeplaatdam bygewoon het. Dit was ‘n baie leersame ondervinding vir hierdie leerders en kon hul deelneem aan verskeie aktiwiteite. Sommige aktiwiteit het egter nie plaasgevind nie, weens die welkome reën. Drie aktiwiteite wat vir ons plattelandse kinders uitgestaan het, was die rit op die Gautrein en hul besoek aan Gold Reef City en die Pretoria Dieretuin. Mnr Archie Cronjè word hartlik bedank vir sy opoffering om die groep kinders veilig  te vervoer na en van die kamp af.

Foto: Steffi Loots, Fransenè Joubert, Emile Blignaut, Annelie Viljoen en Amorè Cronjè. Afwesig: Lliam van Heerden

Meer Nuusberigte