Tydens die jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms van Hoër Volkskool, het die volgende leerlinge baie goed presteer:

Agter: Marco Jooste word aangewys as die Senior Victor Ludorum vir 2020. GP Borcherds wen die Volksie-beker vir die seun met die vinnigste tyd in die 1500m. Hy voltooi die wedloop in ‘n tyd van 4:59,43. Jan-Hendrik Gouws wen die Christo Bezuidenhoudt beker vir die seun met die beste prestasie in ‘n veldnommer. Jan-Hendrik kom eerste in die gewigstoot vir seuns 0.17 met ‘n afstand van 11, 77m.  Ricklin Niemand wen die Volksiebeker vir die vinnigste 100m met ‘n tyd van 11,51sekondes, asook die Volksiebeker vir die beste baanprestasie vir seuns.  Voor: Ceano Everson word aangewys as die Junior Victor Ludorum vir 2020.  Danè Thiart doen baie goed in die Gewigstoot-item vir dogters 0.17 en wen die Ou Mutual-beker vir hierdie prestasie.  Megan Hendricks word aangewys as die Junior Victrix Ludorum vir 2020.  Marni van der Merwe wen die Charlie Lategan-beker vir die beste baanprestasie vir meisies. Sy wen die 200m dogters 0.17 wedloop in ‘n rekordtyd van 27,21sekondes. Sy word ook aangewys as die Senior Victrix Ludorum vir 2020. Marion de Boer wen die Volksie-beker vir die vinnigste tyd in die 1500m vir dogters met ‘n tyd van 5:54,99 sekondes.

Meer Nuusberigte