Een van Hoër Volkskool se perderuiters, Zanki Botha, het die OP by die Nasionale Proewe verteenwoordig in die driegang en die vyfgang afdelings. Sy word na die proewe gekies om deel te wees van die top 18 waaruit die Senior en Junior Protea spanne gekies moes word. Zanki word gekies as lid van die driegang en vyfgang Senior Protea Spanne.

Sy sal in Julie 2020 deelneem aan die Ruiterkuns Wêreldbeker en Suid-Afrika verteenwoordig. Hierdie is ‘n jarelange droom waarvoor sy met ywer en passie geoefen het.

Baie sterkte aan Zanki!

Meer Nuusberigte