Jean-Louis du Plessis het as lid van die Oostelike Provinsie 0.19 Gholfspan aan ‘n Interprovinsiale Gholftoernooi te Oubaai Gholfklub, deelgeneem tydens die Desember-vakansie.

Veertien provinsies het aan die toernooi deelgeneem met agt spelers in elke span. Daar was in twee afdelings meegeding en OP het aan die B-Afdeling deelgeneem. Spanlede het elke dag wedstryde gespeel en die uitslag was bepaal deur die span wat die meeste gate gewen het. Die OP-span het derde geeïndig en die laaste dag het hul die algehele wenners van hul afdeling, Kwazulu Natal, oortuigend gewen. In die vierspelkompetisie het Jean-Louis en sy spanmaat drie wedstryde gewen, een met ‘n gelykop uitslag en twee wedstryde verloor.

Baie geluk Jean-Louis!

Meer Nuusberigte