Die afgelope naweek het Llewellyn Crewe-Brown, Hoër Volkskool se stêr-swemmer, aan die Oos-Kaap Swemproewe deelgeneem te Port-Elizabeth. Hy het aan ses items deelgeneem en in al ses items goeie eerste plekke behaal.

Hierdie prestasies het verseker dat hy in die Oos-Kaap Swemspan opgeneem is. Hy gaan die Oos-Kaap verteenwoordig by die die Suid-Afrikaanse Somer Spele (Skoolswem) vanaf 9 Desember 2019 in Gauteng. Ons wens hom baie geluk en alle sterkte toe!

Meer Nuusberigte