Die matrieks se laaste skooldag het gesorg vir baie opwinding. Die matrieks het die skoolhoof, Mnr Theo Dörfling, ontvoer en gevange gehou vir ‘n losprys. Die matreiks het klere omgeruil vir die dag om die ontvoerders te verdoesel, wat baie mense deurmekaar gemaak het. Na vele onderhandelinge is daar ooreengekom dat die hoof teruggebring sou word  aan die einde van die skooldag, in ruil vir die losprys. Die hoof is teruggebring en in ruil is die matrieks bederf met ‘n glasie sjampanje en baie lekker herinneringe van die dag. Met navraag aan die hoof of hy darem goed behandel is tydens sy ontvoering, het hy geantwoord dat hy bederf is met ‘n koek en tee, en baie goeie geselskap vir die oggend.

Die hele skool was verlig toe Mnr Dörfling veilig terugbesorg is.

Meer Nuusberigte