Van Hoër Volkskool se boogskuts het aan die Nasionale Kampioenskappe in Witbank deelgeneem. Tydens die Bullseye wedstryd het HVS ‘n algehele twaalfde plek uit 18 skole behaal en in die 3D kompetisie het ons ‘n agtiende plek uit 30 spanne behaal. Sewe van hierdie skuts het aan die interprovinsiale ook in Witbank deelgeneem as deel van die Oos-Kaapspan. Hierdie span eindig algeheel vierde met slegs 5 punte agter die derde span.

Foto: Mathys Oberholzer, Xander Mostert, Petrone Fourie, Jutyna Fourie, Sanmari de Goede, Pierre van der Merwe, Nico Coetzee, Lieben Bekker en Lisa Bekker.18

Meer Nuusberigte