Riclin Niemand is gekies vir die OP 0.17 Sewe’s span. Hul het tydens die September-vakansie aan die Nasionale Sewe’s Toernooi deelgeneem in Welkom. Die span het eers aan poel-wedstryde deelgeneem en het tot by die semi-finale rondte gevorder. Hier het hul uitgespeel vir derde en vierde plek teen SWD en verloor ongelukkig die wedstryd 19 – 24. Hul eindig dus vierde in die toernooi.

Devan Nel is gekies vir die OP 0.19 rugbyspan wat tydens die September-vakansie aan die SA 0.19 Toernooi deelgeneem het in die Paarl. Hul het altesaam drie wedstryde gespeel en verloor ongelukkig twee van die drie. Die derde wedstryd het hul teen Boland gespeel en wen 38 – 15. Devan is ‘n beurs aangebied om volgende jaar aan te sluit by die WP rugby Akademie in Claremont, Wes-Kaap.

Elrico Prins is gekies vir die OP 0.13 sewe’s span wat tydens die vakansie in Bloemfontein aan die Nasionale sewe’s toernooi deelgeneem het. Hy is aangewys as kaptein vanhierdie span. Hul het deelgeneem aan poel-wedstryde en het in die laaste rondte vir vyfde en sesde plekke teen die Griffons gespeel. Hul wen hierdie wedstryd 7 – 5 en eindig dus vyfde in die toernooi.

Meer Nuusberigte