Maandagoggend het UCAN, ‘n gemeenskapsprojek wie se doel is om die jeug en ons nasie in te lig en te lei, Hoër Volkskool kom besoek.  Hul hoofdoel is om dwelms van die strate af te kry en om die lewens van die wat al betrokke is by dwelms  te help om die siklus te breek. Met hul Christelike aanslag het hul menigte leerlinge en onderwysers in trane gehad met hul lewensverhale. Dit het baie leerders laat besef dat hul op die verkeerde pad is en dat iets eenvoudigs soos rook, wat onskuldig lyk, kan lei tot iets wat baie erger is en ook jou lewe kan verwoes.

Ons dank ons Hemelse Vader wat hierdie mense na ons skole toe stuur om ons kinders bewus te maak van die gevare waarteen hul elke dag moet sterk staan.

Meer Nuusberigte