Na vyf jaar het die destydse matriekklas van 1954 van Hoër Volkskool weereens byeengekom gedurende die Interskole naweek.    Groot opwinding het geheers met die aankoms by hulle alma mater en die funksie Donderdagaand is terdeë geniet.

Prof Christo Viljoen was ‘n gasspreker tydens die saalbyeenkoms Vrydagoggend, 9 Augustus.   Vrydagaand is gesellig deurgebring met Mev Carin Ferreira-Meiring, destydse onderwyseres, as eregas.

Hierdie groep was die eerste matriekklas by die hoërskool wat in 1954 ingewy is.   Prof Viljoen, destydse vise-kanselier van die Universiteit van Stellenbosch was die eerste hoofseun en het die reünie ook bygewoon asook ag oudleerders met hulle gades.   Verskillende staaltjies is uit die verlede opgediep.   Met die vertrek het menige een ‘n traantjie weggepik.   Die vooruitsig is nou op 2022, met die 100-jarige viering van die skool se bestaan dat die klasmaats, selfs in hoog-gevorderde ouderdom, om die verrigtinge  by te woon.

Meer Nuusberigte