Die naweek van 16 Augustus het Wian Vos ‘n kringleierskamp vir al die kringleiers van 2019-2020 jaar aangebied.  “Lewensveranderend” is soos een van die kringleiers dit opgesom het.  Hulle het meer oor hulself geleer, baie oor God uit Sy woord geleer en is toegerus om die vuur wat in hulle brand ook met ander te deel.  Ons is opgewonde om as ambassadeurs vir God se koninkryk in Volkskool op te tree.

Die kamp het plaasgevind by Profcon in Graaff-Reinet wat bygedra het tor die wonderlike atmosfeer wat geheers het by die kamp. Baie dankie vir jul gasvryheid, ons het lekker geet en gebly!

Agter: Theodor Dorfling, Wian Vos, Anneke Janse van Rensburg, Dieter Bertram, Alwyn van der Merwe, Francois van Heerden, Jean-Louis du Plessis, Petrone Fourie, Labre Oosthuizen, Juf Estene Coetzee, Juryna Fourie

Voor: Athena Finck, Mia du Plessis, Marnie van der Merwe,  Tiane Lombard, Astrid Langeveldt, Jana Muller

Heelvoor: Llewellyn Crewe-Brown.

Meer Nuusberigte