Hoër Volkskool het die rugby-en hokkieseisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit in 2019.

Met die jaarliske interskole tussen die Volkskole en die Union-skole in Graaff-Reinet, was daar ‘n paar uitslae wat die oë laat rek het.

Met Union se 100ste verjaarsdag vieringe, was diè skool die gunstelinge op elke gebied. Volkskool het egter hul nie van stryk laat bring nie en het op elke gebied hul merk gemaak, hetsy deur die kompetisie te wen, of as volwaardige teenstanders uit die stryd te tree.

In hierdie jarelange stryd, wat al sedert 1922 duur en die eerste rugbytelling in daardie jaar 0 –  0 was, word daar op verskillende gebiede meegeding. Die week het afgeskop met Gholf, waar Volkskool 87 – 13 gewen het. Ongelukkig het ons die skaak, skiet en die vasvra kompetisies naeslskraap verloor. Ons Senior en Junior Redenaars het hul goed van hul taak gekwyt en ons wen albei afdelings. Op die tennisbaan het ons eerste seuns- en dogterspanne skoonskip gemaak. Die dogters wen oortuigend 7 – 2 terwyl die seuns 5 – 4 wen. Die tweede en derde spanne was nie so gelukkig nie en verloor ongelukkig hul wedstryde.

Op die hokkieveld het ons meisies hul alles gegee. Die tellings is as volg:

0.16B: 0-8

0.16A 2 – 0

3es: 0 – 0

2es: 0 – 1

eerstes: 1 – 1

Op die rugbyveld het Volkskool baie goed gedoen. Die manne het goed saamgespeel en het met komplimente van die veld afgestap, wen of verloor.

Die tellings is as volg:

0.14 12 – 8

0.15: 7 – 32

0.16 27 – 22

tweedes: 32 – 26

eerstes: 22 – 3

Die eerstespan is voorgeloop met die dirigente wat op die veld gekom het met ‘n groot gejuig. Die mnr en mej Volkskool van HVS en Union het die wedstryd beklink met ‘n glasie vonkelwyn. Die wedstryd was van hoendervleisgehalte en elkeen het hul harte uitgespeel. Hierdie sal ‘n Interskole wees wat ons, en Union , nog baie lank sal onthou!

Volkskool word ook aangewys as die algehele wenner van Interskole 2019.

Dirigente foto: Kaylie Malai, Shania Syfers, Leandra Adams, Mariska Frazenburg, Chris Burger, Linda Lotter, Lakeesha Houman,  Verna Koeberg,  Kirk Vorster, Marichen Piek, Inge van Rooyen en  Zelmirie Louw.

Voor: Andre Wolfaardt en Leila Ehlers,

Meer Nuusberigte