Liezel Nel het haar 100ste wedstryd in die eerste span vir Hoër Volkskool gespeel. Die span was tydens die Junie-vakansie op toer na Grahamstad, waar hul teen onder andere DSG gespeel het. Sy speel al in die eerste span vanaf Gr 10. Dit was vir my ‘n groot voorreg om met hierdie mylpaal op die veld te draf en my hart vir die 100ste keer uit te speel, se Liezel.

Sy sien ook baie uit na die komende naweek se wedstryd teen Gill en veral Interskole teen Union High School wat nog voorlê die jaar. Sy bedank mnr Wynand Volschenk, wat haar in gr 10 en 11 afgerig het, en tans in Australië verder studeer, asook haar huidige afrigter, Claudia Cooke vir haar positiewe insette in haar spel, asook dat sy haar leer om empatie te hê  en om alles voluit te doen.

Meer Nuusberigte