Vier van Hoër Volkskool se rugbymanne gaan tydens die vakansie op die rugbyveld draf met hul OP Platteland truie aan.

Elrico Prins, ‘n gr 8 leerling, is gekies vir die 0.13 OP A-span wat die vakansie aan die Cravenweek gaan deelneem te Wit Rivier in Mpumalanga. Jaydee Jooste is gekies vir die OP Platteland 0.18 span wat aan die SA Platteland toernooi in Bloemfontein gaan deelneem. Hy is ook aangewys as die 0.18 OP rugby onderkaptein.

Chris van Heerden is gekies vir die 0.19 OP Plattelandspan wat ook aan die SA Platteland toernooi gaan deelneem in Reitz, Vrysstaat. Jan-Hendrik Gouws is gekies vir die 0.16 OP Grant Khomo-span en gaan aan die 0.16 Cravenweektoernooi deelneem in.Wit Rivier, Mpumalanga. Al hierdie toernooie vind tydens die Junie-vakansie plaas.

Baie sterkte aan hierdie manne!

Meer Nuusberigte