Van ons skool se hokkiespelers het deelgeneem aan die Oostelike Provinsie hokkieproewe te Port-Elizabeth.

Cara Leonard (links) en Logan Ludick het uitgestaan en is in die onderskeie spanne opgeneem. Cara is gekies vir die 0.18B span. Hul gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale Toernooi te Durban deelneem. Logan is gekies vir die 0.16B span en gaan ook tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale toernooi in Pietermaritzburg deelneem.

Meer Nuusberigte