Die afgelope naweek het Hoër Volksool se netbal- en hokkiespanne na Uitenhage gereis om teen Brandwag deel te neem. Die hokkie het goed gevaar met die volgende tellings:

0.16A wen 5 – 0 en die eerste span speel gelyk 1 – 1.

Die netbal se 0.16A span het 17 – 19 verloor terwyl die eerste span 28 – 18 gewen het. Die span het ongelooflik mooi gespeel.

Op die foto verskyn die span met hempies wat Dr Bernardt Beukes van Dentist@health vir hulle geborg het. Hiermee wil ons dan vir hom hartlik bedank vir sy ondersteuning aan ons netbalspan.  Dit dra verseker by tot ons goeie uitslae sover!

Foto: Dehana van der Merwe, Caryn Swartz, Zelmiri Louw,  Linda Lotter,  Marichen Piek,  Maryna Nell, Lykita Koeberg,  Jonay Koopman en Sethu Stuurman.

Meer Nuusberigte