Tydens die glans prysuitdelings- funksie by SA Kampioenskappe ontvang Zanki ook haar Senior Protea baadjie (top 6 ruiters in die land) vir beide 3 gang en 5 gang afdelings.
Sy is die enigste OP ruiter wat hierdie prestasie behaal en slegs een van 3 ruiters in die land wat in beide Senior spanne opgeneem is.  Sy eindig by die provinsiale proewe in Januarie algeheel tweede in die 3-gang rangorde uit al die ruiters in SA  en sesde in die 5- gang afdeling met ‘n algehele 3de plek.

Reserwe SA Kampioen 5-gang Plesierperd Ruiterkuns 18 jaar en onder
Derde in die 5-gang Kinderruiter 18 jaar en onder
Sewende in die 3-gang Kinderparkperd vir ruiters 18 jaar en onder

Zanki behaal ook ‘n sewende plek in die Groot Kampioen 5-gang Kinderryperd
Kampioenskap
Hoofdogter Marichen Piek het verlede week aan die SA Saalperd Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.

Die “Kampioen van Kampioene” is ‘n ruiterkunsklas waar deelnemers aan uitdunne deelneem en slegs die Top 8 van die deelnemers deurgaan na die finale rondte. Marichen was as die reserwe kampioen in die Driegang Kampioen van Kampioene vir 2019 gekroon.

Sy is ook gekroon as die Kampioen in die Kinderkampioen Parkperdklas waaraan sy deelgeneem het met haar perd, Mamma’s Choice. Haar pa, Philip rig self hierdie perd af.

Op die foto is Marichen Piek (regs) en Zanki Botha (Links) saam met hul afrigter, Sumari Botha.

Meer Nuusberigte