Die Suid-Afrikaanse Hoërskole Atletiekkampioenskappe het vanaf 14 tot 16 Maart 2019 in Port Elizabeth plaasgevind.  Die room van die land se skole atlete het prestasies van hoogstaande gehalte gelewer.

Shirwan van Staden het baie goed presteer en deurgedring na die finaal van die 100 meter seuns o.19.  Hy het ‘n vyfde plek in die finaal behaal met ‘n tyd van 11.00 sekonde.  Marni van der Merwe het ongelukkig ‘n besering opgedoen in die uitdun van die 100 meter, dogters 0.17 en Tiané Lombard het ‘n vyftiende plek behaal in bewigstoot, dogters o.17 met ‘n afstand van 12.09 meter.

Die Suid-Afrikaanse Jeug- en Juniorkampioenskappe het vanaf 21 tot 23 Maart 2019 in die Paarl plaasgevind.  Shirwan van Staden het by die byeenkoms weer deurgedring na die finaal van die 100 meter in die mans 0.20 afdeling.  Hy het sewende geeïndig in die finaal met ‘n tyd van 11.00 sekonde.  Tiané Lombard eindig sewentiende in die gewigstoot, dogters 0.18 met ‘n afstand van 12.08 meter.

Meer Nuusberigte