Hierdie swemmers van Hoër Volkskool het die seisoen op ‘n baie goeie hoogtepunt afgesluit. Marlien Crewe-Brown het deelgeneem by die Top 8 gala en het ‘n silwer medalje vir 50m Rugslag gewen, asook goue medaljes vir 50m Vlinderslag, 50m Borsslag  en 100m Borsslag. Sy het ook aan die Vlak 2 gala deelgeneem wat in Oudtshoorn plaasgevind het en het uitstekend gevaar. Sy wen Silwer vir 50m Borsslag, 50m Vlinderslag en 100m Borsslag. Sy wen ook vier goue medaljes vir die 200m Individuele wisselslag, 50m Vryslag en ook vir vier aflosse waarvan sy deel was.

Emile Blignaut het ook gekwalifiseer vir die Top 8 gala en het goed gevaar. Hy neem ook deel aan die Vlak 1 gala en wen ‘n brons medalje vir 100m Borsslag en ‘n silwer medalje vir 50m Borsslag.

Llewellyn Crewe-Brown kwalifiseer vir die Vlak 3 gala en wen brons medaljes vir 200m Vryslag en 200m Individuele Wisselslag, silwer vir 200m rugslag en 4 x 50m aflos. Hy wen ook goud vir 4 x 100m Aflos en 100m Rugslag.

 

Ben van der Merwe het ook gekwalifiseer vir die Top 8 gala en wen ‘n brons medalje vir 50m Rugslag. PJ de Goede, afwesig, het ook aan die Top 8 gala deelgeneem en wen ‘n brons medalje vir 50m Borsslag.

 

Meer Nuusberigte