Die beste Hoërskool atlete van die Oos-Kaap het in Port Elizabeth aan die provinsiale Kampioenskappe deelgeneem.  Reën het van tyd tot tyd geval, maar dit kon nie die entoesiasme van die atlete demp nie.  Die volgende goeie prestasies is deur atlete van Hoër Volkskool behaal:

Marni van der Merwe wen ‘n goue medalje in die 100 meter dogters o/17 met ‘n tyd van 12,75 sekonde.

Jay-Dee Jooste het twee silwer medaljes behaal in die seuns o/19 afdeling.  Sy 1,80 meter in hoogspring en 13,44 meter in driesprong het dit moontlik gemaak.

Caryn Swartz het drie medaljes verower in die dogters o/19 afdeling.  Haar 26,84 sekonde in die 200 meter besorg aan haar ‘n silwer medalje.  In die 100 meter en die verspring het prestasies van 13, 02 sekonde en 4,80 meter aan haar brons medaljes besorg.

Shirwan van Staden verower ‘n brons medalje in die 100 meter seuns o/19 met ‘n tyd van 11,04 sekonde.

Tiané Lombard wen ook ‘n brons medalje in die gewigstoot dogters o/17 met ‘n afstand van 11,99 meter.

Meer Nuusberigte