Drie van HVS se debatslede, Petroné Fourie, Juryna Fourie en Annika Fitzgerald,  het Donderdag 7 Maart vertrek na Stellenbosch om aan die debatsfees deel te neem.

Ons leerders het teen die volgende skole gepraat:

Rondte 1: Bernadino Hights

Rondte 2: Jan van Riebeeck

Rondte 3: Schoonspruit Hoërskool

Semi-finaal: Bernadino Hights moet `n tweede keer oorwin word, en ons leerders het geen probleem om die beoordeellaars te oortuig dat ons verdien om in die finaal te wees nie.

Die finale rondte was `n uitstekende rondte met top argumente en redenasies teen Stellenbosh Hoërskool.

Die leerders het uitstekend presteer en na `n vurige finle rondte is alle opponente  oortuigend oorwin wat lei daartoe dat Hoër Volkskool as algehele wenners in die “Ou Hande” kategorie wegstap.

Ons is werklik trots op hierdie besonderse prestasie!

Meer Nuusberigte