Die afgelope week het die jaarliske Interskole swemgala tussen die Volkskool en Union Schools plaasgevind by die binneshuise swembadkompleks by Hoër Volkskool. Die kompetisie was baie straf maar op die einde van die dag het Die Volkskole met albei trofee weggestap.

In die laerskole afdeling is Aiden Thiart en Carlien Oosthuizen, albei van Laer Volkskool aangewys as die top swemmers van die dag. By die hoërskole afdeling is Rianco Vermeulen en Marlien Crewe-Brown as die Victor en Victrix Ludorum afsonderlik aangewys.

Marlien het altesaam vier rekords gebreek, terwyl Rianco twee itemrekords agter sy naam kan skryf.

Foto: Rianco en Marlien met hul Victor en Victrix bekers

Foto:  Die spankapteine van HVS, Linda Lötter en Rianco Vermeulen met die wisseltrofee wat aan die skool gaan wat die kompetisie op die dag gewen het.

 

Meer Nuusberigte