Skole van Oos-Londen, Port Elizabeth, Port Alfred, Despatch en Uitenhage en Graaff-Reinet het op Saterdag, 16 Februarie aan die Ope kompetisie vir die NASP boogskiet in Port Alfred deelgeneem.  Laer Volkskool se skuts het uitstekend gevaar en behaal goud, silwer en brons in die bullseye afdeling.

Freddie van der Mescht behaal  goud in beide die bullseye en 3D, met Adriaan Blignaut wat silwer en Casper Bekker wat brons verwerf.  In die hoërskole afdeling skiet Danielle McNaughton van Union High die beste telling van die Graaff-Reinet skuts.

Freddie van der Mescht skiet ‘n 50/50 met die bullseye kompetisie en Dillon Stannard skiet 50/50 op die beer in die 3D kompetisie.

Die volgende kompetisie is op Graaff-Reinet by Hoër Volkskool op 9 Maart – kom ondersteun ons kinders.

 

Foto: Agter vlnr: Pierre van der Merwe,  Jaco van Loggerenberg,  Casper Erasmus Dillon Stannard,  Nico Coetzee,  Lieben Bekker

Voor Zander Mostert, Dillon True, Lisa Bekker Juryna en Petrone Fourie Chloe Stannard  en Mathys Oberholzer.

Meer Nuusberigte