Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se eerste tennisspan aan die Tennis4Jesus toernooi te Bredasdorp deelgeneem. Die tog soontoe was ‘n lang pad maar met die goeie geselskap het die tyd gevlieg!

Die toernooi het oor twee dae gestrek en ons spelers het baie goed gevaar. HU het die eerste dag teen Hoërskool Dirkie Uys van Moreesburg gespeel en wen die wedstryd 32-19. Daarna het hul teen Hoërskool Hermanus gespeel en die hierdie wedstryd ook maklik met ‘n telling van 39 – 12. Daarna speel hul die wedstryd van hul lewe teen Hoërskool Strand en wen die wedstryd met ‘n bulderende 47 – 4.

Die volgende dag het hul in die semi-finale rondte teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn gespeel en en speel hulself gemaklik in die finale rondte in met ‘n telling van 39 – 12. In die finaal kom hul te staan teen Hoërskool Framesby van Port-Elizabeth. Senuwees het geknaag en die druk was op. Gelukkig het ons spelers genoeg ondervinding gehad om hul koppe bymekaar te hou en wen die wedstryd 39 – 12, en dus ook die toernooi,

Hierdie is ‘n bewys dat ons spelers vir geen groot skool hoef terug te staan nie. Baie geluk an hierdie span, julle maak ons almal trots!

Agter: Liezel Nel, Johannes Conradie, Dieter Bertram, Lliam van Heerden en Dane Thiart.

Voor Labre Oosthuizen, Inke van der Merwe, Dehana van der Merwe, Alwyn van der Merwe en Petri van der Merwe.

Meer Nuusberigte