Maandag, 26 November, het die Volksie  Klas van 2018 offisieël hul skooljare afgesluit met hul laaste vraestel. Nadat hul geskryf het, het hul, net so opgewonde ouers, ‘n erewag voor die deur gestaan om die jong volwassenes te verwelkom in die grootmenswêreld. Die ouers het hul bederf met ‘n glasie sjampanje.

Die matrieks het hul harte oopgemaak en hul skoolskoene geskenk wat aan minderbevoorregte kinders in die omliggende areas uitgedeel sal word.  Hul het ook al hul skryfbehoeftes geskenk wat aan die NG Kerk gegee is om hul skryfbehoeftesprojek te ondersteun.

Baie sterkte aan elke matriekleerling vir die uitslae, ons glo julle gaan ons trots maak!

Vir die toekoms: It always seems impossible until it is done – Nelson Mandela

Meer Nuusberigte