Op die 11de November 2018 was  Marichen Piek, hoofmeisie van Hoër Volkskool  ,en Ashley Arnolds, onder-hoofseun,  by die kranslegging-gedenkdiens by St James Anglican Church.

Hul was bevoorreg om hierdie geleentheid by te kon woon, aangesien hierdie jaar die 100ste jaar gevier word sedert die Eerste Wêreldoorlog geëindig het. Dit was n spesiale geleentheid waar almal hulde gebring het aan mense wat hulle lewens opgeoffer het vir ons land. Ons leiers het die voorreg gehad om ook ‘n krans neer te le. Dit was baie  spesiaal om te sien hoe dankbaar die ouer mense was om skoliere daar te sien omdat hulle die geskiedenis en gebeure van die verlede wil lewendig hou. Dit was ‘n baie spesiale diens.

 

Foto: Links Ashley Arnolds en Marichen Piek voor die kerk

Meer Nuusberigte