Marichen Piek, hoofmeisie van Hoër Volkskool, en Carryn Swart, leerlingraadslid,  het Boundless, die beskermde werksplek, se tee en opedag op Saterdag, 10 November 2018 bygewoon. Hierdie tee word aangebied om hul jaarlikse Maand vir Gestremdes te vier.

Met hul aankoms is hul vriendelik welkom geheet en bietjie rond gewys oor  wat hulle self maak en hoe dinge daar werk. Dit was ‘n ongelooflik ervaring om te sien wat hul met hul hande maak!  Die werkers self is ongelooflik trots en gelukkig op hulle werk, ongeag hulle omstandighede.  Dit was n onvergeetlike besoek en sal enige iemand aanraai om ‘n draai by Boundless te gaan maak

Meer Nuusberigte