Tien atlete van Hoër Volkskool het aan die Jim Fouché Uitnodigingsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem.  ‘n Sterk wind het die prestasies van die atlete beïnvloed.  Deelname by hierdie byeenkoms is in die 2019 ouderdomsgroepe.

Marni van der Merwe het die 100m en 200m in die dogters o.16 afdeling gewen.  Haar tye was onderskeidelik 13,24 sekonde en 27,03 sekonde.  Caryn Swartz het ‘n eerste plek behaal in verspring dogters o.19 met ‘n afstand van 5,14 meter.  Sy was ook derde in die 100m in ‘n tyd van 13,46 sekonde.

Jay-Dee Jooste het tweede geeïndig in die hoogspring seuns o.19 met 1,85 meter.  Hy behaal ook ‘n derde plek in driesprong met 12,92 meter.  Francois van Heerden was tweede in spiesgooi, seuns o.17 met ‘n afstand van 48,54 meter.  In die hoogspring dogters o.16 eindig Dané Thiart derde met ‘n hoogte van 1,35 meter.

Hoër Volkskool is baie trots op sy medaljes-oes van drie goud, twee silwer en vier brons.

Name op foto – Agter: Lliam van Heerden,  PJ de Goede,  Francois van Heerden en Jaydee Jooste.

Voor: Tianè Lombard,  Francenè Joubert,  Danè Thiart,  Caryn Swartz en Sherwin van Staden.

(Afwesig Marni van der Merwe)

 

Meer Nuusberigte