Shirwan van Staden het hierdie jaar ‘n besondere prestasie behaal deur aan twee Suid Afrikaanse Kampioenskapsbyeenkomste deel te neem.  Hierdie uitstaande Hoër Volkskool atleet het goed presteer teen die beste atlete in ons land.

Shirwan het deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Junior Kampioenskappe (5 – 7 April 2018) in die Paarl.  Hy het in die 100m en 200m vir O/20 mans deurgedring tot die halfeindrondtes.  In albei hierdie wedlope het hy die negende vinnigste tye aangeteken.  Hy het ook in Potchefstroom aan die Suid Afrikaanse Skole Kampioenskappe (21 – 24 Maart 2018) deelgeneem.  Hier het hy in die 200m S/19 tot die halfeindrondte deurgedring.  In die 100m eindrondte het hy sesde geëindig in 10,85 sekonde.  Hy het as lid van die 4 x 100m aflosspan deelgeneem en hulle het ‘n vyfde plek behaal.

Hierdie was die afsluiting van ‘n baie suksesvolle atletiekseisoen vir Hoër Volkskool.  Die skool het hom gevestig as ‘n skool waarvan die atlete besondere prestasies behaal.

Meer Nuusberigte