12 leerders van Hoër Volskool het op 10 Maart 2018 deelgeneem aan die Debatfees tydens die Woordfees op Stellenbosch. Die vier spanne van drie leerders elk is ingedeel in die Harde Koejawels en Ou Hande – kategorieë. Hoër Volkskool het teen spanne van Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Belville, Paul Roos, Paarl Gim, Jan van Riebeeck, Bloemhof, Stellenberg, D.F. Malan en Swartland deelgeneem. Hoër Volkskool is trots op ons spanne wat hulle baie goed van hulle taak gekwyt het!

Die debatleerders is:
(foto ry 4 – agter) : Justin Gafoor, Celine Kirstein.
(foto ry 3) : Jana Wagener, Luan Nel, Stephan Lategan, Annika Fitzgerald
(foto ry 2) : Lara du Plessis, Petroné Fourie, Engeri Fourie, Juryna Fourie, Lilian Korkie
(foto ry 1- voor) : Mnr. Kobus van Heerden (busbestuurder), Mev. Magda van Heerden (afrigter), Nadene Kühn

Die Instituut vir Dowes in Worcester is ook besoek. Hier het Hoër Volkskool namens die ATKV Volksmond Jeugtak eet – en – drinkgoed, geborg deur Mnr. Johan Nel en Kemp Vervoer, aan die De la Bat – skool oorhandig.

Meer Nuusberigte