Op die 12de November 2017 het die twee hoofleiers van Hoër Volkskool  die diens by die St James Anglican Church bygewoon saam met omtrent 50 ander mense. Die diens is gehou om hulde te bring aan die mense wat hulle lewens gegee het tydens die eerste en tweede wereldoorlog. Tydens die diens was daar n mooi stukkie geskiedenis oor beide oorloe gedeel tesame met skriflesing en gebed. Almal het saam gebid vir die slagoffers en die opoffering wat elkeen vir die Vryheid van ons nageslag  gemaak het. Daarna is die kranse neergele waaronder die hoofleiers van Hoer Volkskool en Union High kranse neergele het.  Daarna is die name gelees van die mense wat hul lewens tydens oorloe verloor het.  Daar was ook een oom uitgesonder wat in die tweede wereldoorlog geveg het. Hy is 99 jaar oud en bly tans in Middelburg.

Die spesiaalste vir my en Heinz was om te sien hoe die oumense dit so waardeer het dat ons gekom het om dit by te woon. Die hoogtepunt was definitief toe hulle die Taptoe gespeel het vir die soldate wat dood is tydens die oorloe.. Dit was n hoendervleis oomblik. Dit was definitief n ongelooflike ervaring wat ons sal onthou .

Meer Nuusberigte