Tennis

Die eerste tennisspan het aan die “Tennis4Jesus” Dubbelspeltoernooi in Bredasdorp deelgeneem. Petrie van der Merwe en sy dubbelspelmaat, Marco Jooste, het puik oorwinnings in al hul wedstryde behaal en so ook die gemengde dubbelspel paar Petrie van der Merwe en Inké van der Merwe. Voorwaar ‘n goeie prestasie teen strawwe opposisie. Oos-Kaap tennisstrukture is vernuwe…

Lees Meer

HVS SE SWEMMER OOK GOEIE SKUT

Izak Hattingh (graad 12) het gekwalifiseer vir die SA Jaggeweerskietvereniging Top 20 Juniors vir 2022. Izak is genooi om deel te neem aan die Top 20 Juniors se finale rondtes. Baie geluk met hierdie goeie prestasie en baie sterkte met jou voorbereidings vir hierdie kompetisie.

Lees Meer

Tweekamp

Die 2022 Tweekamp het ‘n rekord getal deelnemers van reg oor die land gehad. Met duisende deelnemers, toeskouers en beamptes was die Westbourne Oval en Newton Park gepak en was dit weer ‘n belewenis om soveel mense na twee jaar van Covid by sport te sien. Twee leerders van Hoër Volkskool en een van Laer…

Lees Meer