Die skool se toegewyde onderwysers met ondervinding en die nodige kwalifikasies lê die grondslag van die skool se akademie. Die voorgeskrewe vakke word in Graad 8 en 9 aangebied. In Graad 10 tot 12 word Fisiese Wetenskap, Landbouwetenskap, Toerisme, Lewenswetenskap, Rekenaartoepassingstegnologie, Gasvryheidstudies, Rekeningkunde, Ingenieursgrafika en -ontwerp en Aardrykskunde as keusevakke aangebied.
Afrikaans word as onderrigmedium gebruik. Toelating vir verdere studie word op grond van die vakkeuse moontlik gemaak. HVS spog met ‘n 100% slaagsyfer vir graad 12’s!
Vakkeuse
Graad 10 -1 2
Die vakkeuse vir 2017 is soos volg;
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Lewensoriëntering
Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
Een vak uit elk van die volgende groepe:
1. Fisiese Wetenskap of Landbouwetenskap of Besigheidstudies
2. Lewenswetenskap of Rekenaartoepassingstegnologie of Verbruikerstudies
3. Rekeningkunde of Ingenieursgrafika en –ontwerp of Toerisme
MINIMUM TOELATINGSVEREISTES TOT VERDERE STUDIE
Universiteitstoelating vanaf 2006 leerplanne:
Die vereistes vir diploma of graadstudie is nie vakgebonde nie, maar prestasiegebonde.
Verdere inligting is by die skool beskikbaar.