8-13 April 2019

Verlede Woensdag het Hoër Volkskool teen Hoërskool Burgersdorp kragte gemeet op die netbalbaan te Middelburg. Die weer was onvoorspelbaar, maar die wedstryde kon aangaan.

Die 0.14 Aspan verloor ongelukkig 10-12, die 0.16B span verloor 15-16 en die 0.16A span verloor ook met ‘n naelbyt telling van 13 – 14. Die tweedes het bietjie swaarder gekry en verloor 17-23. Die eerste span het egter ‘n goeie oorwinning behaal van 22 – 7, terwyl die wedstryd aan die einde van die derde kwart gestop moes word, omdat die bane te nat was om verder te speel.

Die afgelope naweek het van ons spanne teen Kirkwood gespeel. Ons het die tuisveld voordeel gehad en dit goed benut. Onder baie warm omstandighede, het Volkskool goed gevaar:

Netbal( HVS Tellings eerste)

0.14A 11 – 21

0.16A: 16 – 7

0.16B 12 – 13

tweedes: 24 – 5.

Hokkie:

Ons tweede span speel teen kirkwood se eerste span en wen oortuigend met ‘n telling van 3 – 1.

Die rugbyspanne wat gespeel het, was die 0.16s wat gewen het met ‘n telling van 24 – 20 en die eerstepsan wat baie goed gevaar het en ‘n uitstekende telling van 43 – 3 op die telbord gesit het.

Tennis:

Hoër Volkskool se eerste seuns- en dogters tennisspanne het verlede week teen Union High se eerste spanne tennis gespeel in die winterliga kompetisie. Die dogters wen die wedstryd 5 – 1 en die seuns wen ook die wedstryde 5 – 1.

6 April 2019

Die afgelope naweek was weer ‘n bedrywige naweek vir Hoër Volkskool op sportgebied. Ons het deelgeneem teen Burgersdorp Hoerskool te Burgersdorp.

Die tellings is as volg:

Rugby: eerstes was halftyd 8 – 21 agter, maar het ‘n uitstekende tweede helfte gehad en teruggeveg. Die eindtelling was in ons guns, 34 – 26.

Die tweede span wen 24 – 20, die 0.16’s wen 15 – 12. Die 0.15 span verloor ongelukkig 17 – 40 , asook die 0.14’s wat moet les opsê met ‘n telling van 10 – 21.

Die hokkiespanne wat gespeel het was die 0.16B span (wen 3 – 0) en die tweede span wat gelykop 0 – 0 gespeel het.

Die netbal is uitgestel weens provinsiale proewe en sal die twee skole mekaar die stryd aanse op die netbalbaan in MIddelburg later in die week.

Die eerste hokkiespan en die 0.16 A hokkiespan het die naweek teen Victoria Girls High op UHS se Astro gespeel. Die eerste span speel gelykop 2 – 2, en die 0.16 A’s 0 – 0 .