Op Woensdag, 19 Mei 2021, het Reckless Haven Productions by Hoër Volkskool ‘n drama werkswinkel aangebied.
Veertien leerders het die werkswinkel bygewoon. Na die ysbreker en die kenmekaarsessie het die ervare akteurs, Danielle Retief en Rowlen van Gericke die leerders verskeie tegnieke en vaardighede geleer. Hulle het ‘n verskeidenheid aktiwiteite gedoen en het die leerlinge ook meer vertel van hulle beroep as akteurs.
Dit was ‘n wonderlike geleentheid vir aspirant-akteurs en die leerlinge het beslis baie pret gehad gedurende die sessie.
Die leerders kan nie wag vir die volgende werkswinkel nie.

Meer Nuusberigte