Daar is lank daarna gesmag om weer aan sport en ander buitemuurste aktiwiteite deel te neem. Hierdie droom is bewaarheid met die aankondiging dat die Graaff-Reinet en Distrikte se tennis somerliga weer op dreef kom. Dit is verblydend om te sien hoeveel oud-volksies dikwels as opponente op die baan stap en gedugte teenstanders is.
Die eerste kragmeting vir die Hoër Volkskool top vier tennisseuns, was Woensdag 10 Maart 2021 by die skool se bane. Na ‘n afwesigheid van meer as 12 maande van die bane, het die spelers van beide Hoër Volkskool en Murraysburg verbasend vining hul flink voete en kishoue gevind en vir ‘n opwindende vertoning gesorg.
Die skool se jongklomp moes hard werk vir hul welverdiende oorwinning van 3 – 1. ‘n Lang valbylpot het die eerste stel in een van die wedstryde bepaal en die senutergende en baie gelykop super-valbylpot (10 – 8) het uiteindelik die oorwinnaar van hierdie kragmeting bepaal. Welgedaan Volkskool!
Foto vlnr: Alwyn van der Merwe, Lliam van Heerden,
Marco Jooste en Petrie van der Merwe

Meer Nuusberigte