Tennis

Petrie van der Merwe het verlede naweek aan ‘n SATA tennistoernooi in Port Elizabeth deelgeneem. Hy het ‘n tweede plek in die mans ope behaal en hy en sy maat, Brandon Riesenberg, het die dubbels gewen.

Lees Meer

OP Hokkie proewe

Baie geluk aan Dané Thiart (links) en Mia du Plessis! Hul is albei deur na die volgende rondte 0.18 hokkie OP proewe wat die Sondag, 30 Mei, plaasvind by Diocesan School for Girls (DSG) in Grahamstad. Baie sterkte!

Lees Meer

Hokkie-nuus

Hoër Volkskool se hokkie-afrigter, Claudia Cooke, is verkies as assistent-afrigter vir die Oostelike Provinsie o.16A hokkiespan. Baie geluk, Claudia. Ons is bly jy is deel van die Volkskool-familie!

Lees Meer

Eeufees Logo

, 12 Mei 2021, is die rooi tapyt uitgerol vir 100 gaste. Laer Volkskool het ‘n Kaas en Wynfunksie gehou met die bekendstelling van ons eeufees logo. Selfs Vollie Volkskool het die spoggeleentheid bygewoon.

Lees Meer

Netbal-nuus

Tanya Nieuwoudt is gekies om deel te neem aan die Sarah Baartman netbalproewe. Sy gaan hierdie naweek aan die Ooskaap proewe te Oos Londen deelneem. Baie sterkte met die proewe. Ons hou duimvas!

Lees Meer

GRT Hardeware borg eerste XV

Graaff-Reinet Hardeware is die trotse borg van die pragtige oefenhemde vir ons eerste rugbyspan by Hoër Volkskool. Jacques Stannard van Graaff-Reinet Hardeware het die hempies aan Alwyn van der Merwe (kaptein) en GP Borcherds (onderkaptein) oorhandig. Coach Jaco en die span is tans hard besig met voorbereidings vir hulle wedstryd die eerskomende naweek.

Lees Meer